In ‘n opwindende bedryf waarin ons probeer om jou na die beste van ons vermoëns te ondersteun, het ons gereedskap en materiale nodig wat ons verstaan en kan gebruik. Dit is lekker om jou voor te stel aan ‘n paar en aan die uitdagings wat dit bied.
Hout is sekerlik van die mees bruikbaarste en veelsydigste materiaal wat ons kan gebruik. Die aangehegte foto is meestal Supawood wat of gekleurd is of nie is nie en in verskillende diktes beskikbaar is. Die hout kan in bykans enige vorm gesny word met ‘n laser. Hoe dikker die hout hoe stadiger word dit gesny as jy beperkte krag het op die laser.
Wanneer ‘n groter laser (KW) beskikbaar is, is die snybaarheid van staal ook moontlik. Die mees algemene laser snywerk word in 3mm en 6mm gedoen. Hierdie hout is ook verfbaar, maar as ons ‘n baie gladde oppervlakte wil hê help dit om die hout klaar geverf te koop. Wanneer ons sny planne van die VSA af kry, is dit goed om te onthou dat sommige planne steeds in duime (imperial) is en dat dit of aangepas sal moet word of dat dit oor geteken sal moet word. Die hout diktes daar is gewoonlik in duime.
Die linkerkantse prentjie gee vir ons ‘n indikasie oor die beskikbaarheid van kleur hout. Die ander twee prentjies gee ook vir ons ‘n idee van die hoeveelheid Perspex en/of ander vervaardigers wat materiale beskikbaar het en ook wat spesiale materiale het vir spesiale effekte. Van die materiale het byvoorbeeld interessante ligbrekings moontlikhede waneer lig van LED’s op dit skyn.
Daar is ook baie fonts wat beskikbaar is om jou spesiale kleur opskrif bo jou versiering aan te bring.
Werk met harde hout.
Klik bo vir ‘n kort video.
2mm Ballnose Cutter vir die gravering en daarna, om die handvatsel verder te doen, ‘n 6mm Ballnose Cutter. Die materiaal is kiaat wat eers in die een kant gesny is en daarna op die ander kant.
Met harde hout, kiaat, geelhout ens. en ‘n Router is die prentjie bietjie verander en kan baie meer gedoen word. Soos hier bo gesien kan word kan 3D profiele gesny word. Jy kan sien hoe dat ‘n handvatsel met ‘n embleem gedoen is. Die fynere definisies van wat jy sny, hang hier af van die tipe gereedskap en gereedskap vorm wat jy gebruik. (Grootte van die Balneus gereedskap of die tipe gravering gereedskap). ‘n CNC Router kan hierdie snywerk doen as die bygaande sagteware die voertaal kan voorsien. Hier is die belangrikheid, die vermoë wat jy en jou sagteware vir jou kan bring om ‘n drie dimensionele skepping te maak. Die vermoë wat jou CNC het om 360 grade rondom jou werkstuk te werk, val weer in die volgende kategorie en verg weer addisionele sagteware en hardeware. ‘n CNC draaibank of ‘n 4de as op jou CNC Router kan werk.
Hier is n klein 4×4 voertuig wat van 3D sagteware af geskep is en in ‘n “piston” (aluminium) gesny is. Die vermoë wat ons het om 3D te skep is essensieël om hierdie tipe van snywerk te kan doen. Om byvoorbeeld ‘n gesig te kan graveer of te kan sny is dit belangrik dat die gesig eers in sagteware digitaal geskep moet kan word.
Daar is egter vele profiele en fonts wat beskikbaar is in 3D en beperk ons nie om skeppings met gesigte te vervaardig nie. Wanneer dit nodig is, is daar ‘n paar tegnieke om gesigte selfs van foto’s op ‘n beperkte basis te kan genereer.
Kyk gerus na die vorige en volgende foto’s vir ‘n baie spesiale effek. Eerstens, die materiale wat beskikbaar is en wat ek gesoek het vir hierdie projek is ‘n snybare spieël (Acrylic). My keuse was goud wat baie mooi uitgewerk het. Die foto is van my kleindogter, Talita. Die volgende foto is die agterkant van die spieël wat ek met ‘n “V Carving Bit” uitgesny het. Dit is op haar foto gemoduleer met ons sagteware. Die resultate is as volg: Die linkerkantste foto is die regterkantste foto van naby.
Die resultaat van die snywerk is in die volgende foto. Hou dit in jou agterkop dat die nie die gesnyde kant van die spieël is nie en dat jy jouself sien as jy voor die spieël sou staan. Die foto’s wat geneem is, is spesiaal so geneem dat ons nie voor die spieël staan nie. Daarom die gekantelde spieël.
I was pretty pleased to uncover this website. I wanted to thank you for ones time for this wonderful read!! I definitely savored every part of it and I have you saved as a favorite to see new information on your site.