Hoe werk dit nou?
Vrae wat die meeste gevra word en antwoorde.
Wat doen ons nou?
Klik op Kontak ons, gee vir ons jou inligting en jou behoefte en ons sal na jou terugkom.
Doen julle produksie vervaardiging ?
Ons sal beslis hierdie tipe vervaardiging oorweeg. Ons kan sekerlik items soos bv. rubber, kurk en komponente in akriliese materiale sny en/of masjieneer. Stuur asb vir ons volledige tekeninge en ons sal dadelik daarop reageer.
Ek wil een van julle produkte koop, hoe maak ek ?
As jy n produk wil hê wat presies so lyk soos een van ons produkte, gee vir ons die Produk ID op die finale produk bladsy. Plaas ‘n bestelling deur vir ons ‘n e-pos te stuur met al jou inligting en die hoeveelheid wat jy benodig. Ons sal dan vir jou ‘n kwotasie stuur met afleweringstyd en kostes. As jy dit self wil optel, wanneer en waar dit gereed sal wees.
Doen julle besigheid met winkels en/of maatskappye?
Skakel ons gerus. Ons is alreeds ‘n verskaffer aan ‘n winkel en voorsien graag in spesifieke behoeftes op aanvraag. Stuur gerus vir ons ‘n e-pos met jou spesifieke behoeftes en ons sal kontak maak.
Ek het 'n persoonlike behoefte en wil dit graag bespreek met vrae oor wat moontlik is. Wat maak ek?
Stuur vir ons ‘n e-pos met jou telefoon nommer en met ‘n kort beskrywing wat jy ingedagte het. Afhangende van jou beskrywing sal ek of Heleen jou skakel. Hou asb alle data wat jy wil gebruik beskikbaar, sodat ons kan vasstel hoe ons op die beste moontlike manier kan kommunikeer vir die beste oplossing.
Ek het 'n produk wat ek graag sal wil vervaardig. Kan julle help?
Skakel ons gerus. Ons het ‘n wye kennis van die vervaardigings industrie en sal jou sekerlik kan bystaan. Gee asb soveel inligting van jou produk as moontlik, dit sal help om die beste antwoorde te kan gee.
Kreatiewe Grafieke
Ons tyd gespandeer in ontwikkelings ontwerp en finale ontwerp
Ons tyd gespandeer in vervaardiging
Ons tyd gespandeer in bemarking en ondersteuning